Portfolio
Video
Pricing
Bookings
Contact
About
References
Photo Books
Home




References


Shane & Ilze Golden - 18 Augustus 2007
I would like to extend Ilze and my thank you to you and your team at Visual Memory Productions. We viewed the disc with my in-laws and it was one of the best wedding DVD's I have ever seen. The music that you chose was top notch and very well done. It made for very good memories of the day and brought lots of tears to Ilze and her mom's eyes. All in all we will defiantly use you again and spread wide and far that you are someone that people should use and get good value for money with.

Mark & Lindie Williams - 28 May 2005
Dear Christa and Marshall. Thank you very much for the time, care and pride you and Marshall have taken in piecing our memories together of one of the most significant days of our lives, I can not stop looking at our lovely pictures! It is definitely worth every penny we have spent on it! and worth the wait! I am so happy that we chose YOU to do it for us! You came up with very special and innovative, refreshing ideas...which made it all even more special. Thanks guys again for putting your best into my special day. It shows...and we appreciate it!

Lourenz & Nelda de Jager - 9 April 2005
Marshall & Christa. Net 'n baie groot dankie vir julle puik werk en produkte met ons kinders Lourenz en Nelda se troue. Nadat ons nou mooi gekyk het die naweek (ons kon nie ophou nie) is dit regtig vir ons 'n behoefte van die hart om te sê die DVD en foto's is puik, uitstekend! Dit is wonderlik om dit vir ewig te kan hê. Nogmaals baie dankie Sal julle beslis oral aanbeveel. Koos & Nita Klopper

Callie, Ronell, André en Christelle. - 26 Maart 2005
Beste Marshall & Christa. Net om julle weereens te bedank vir julle bereidwilligheid om Christelle & André se huwelik oor 'n besige paasnaweek vir ons in te pas! Ons is baie beïndruk met die foto's en veral die plasing en uitleg daarvan op CD. Julle moeite met die vergrotings, spesiale effekte en afrondings, die sepia-afdrukke asook die DVDs met die treffende klanksnitte word opreg waardeer. Dis puik! Julle professionele dienste is onderskryf deur stiptelikheid, vriendelike optrede, uiters hoë gehalte en kwaliteit produkte met spesiale versorging en unieke afrondings. Julle dienslewering het 'n blywende indruk by ons gelaat en ons wys met graagte en trots die foto's en dvd aan vriende en familie. Ons sal julle dienste ongetwyfeld met vrymoedigheid vir enige geleentheid kan aanbeveel. Hou so aan! Mag julle 'n uiters geseënde jaar beleef! Met dank en waardering.

Michael & Petru McCallum - 18 February 2005
The pic's are awesome! Thanks! You guys did fantastic work. Friends and family have all asked who took the pic's. Thank you once again!

Quintin Izelle van Staden - 8 Januarie 2005
Beste Christa & Marshall. Baie dankie dat julle ons troudag so spesiaal gemaak het met die uitstekende kwaliteit van die foto's en die video, dit is elke sent werd. Dankie ook vir die professionele en vriendelike hantering van die dag. Ons sal julle met die grootste plesier aanbeveel.

Jacinto & Judite Dos Santos Rocha - 17 December 2004
Hi Christa. We are very impressed with your services. The DVDs and the photos are of good quality. Everybody who sees it comment positively about it. You also handled the day very well, you were helpful, friendly and flexible to the extent that you could, in the way we wanted the "shooting" to be. I think these are very strong qualities for a business to grow. You have what it takes. You are doing a great job. At some point we felt that you were also part of the family because of the way you handled everything. We are very grateful and impressed and thank you.

Mario en Riana - 10 Desember 2004
Marshall. Ek en Riana is regtig baie tevrede met die puik werk wat jy gedoen het en ons het al klaar van ons vriende wat beplan om te trou van jou vertel. Dit is die beste herrinnering wat ons van die dag het.

Yolanda van Rooyen - 6 November 2004
Hi daar. Dit gaan wonderlik met die getroude lewe dankie. Ons beveel julle aan vir almal wat wil trou. Dit was wonderlik dat 'n man en vrou span die fotos en video geneem het. Julle het ons absoluut op ons gemak laat voel en dit is duidelik in ons fotos, nie een van die fotos is 'n stywe "pose" foto nie, dis baie natuurlik wat dit vir ons baie mooi en baie spesiaal maak. Te danke aan julle het ons die mooiste herhinneringe vir ewig. Die ouers is ook baie beïndruk dat hulle 'n eie video en album het om vir hulle vriende te wys. Almal wat na die fotos kyk het net die beste kommentaar. Die prys is puik vir dit wat ons gekry het. Julle is baie welkom om ons nommers aan kliënte te gee as hulle by ons wil hoor hoe ons julle ervaar het.

Henry van Rooyen - 6 November 2004
Hallo Christa. Baie dankie vir die e-pos. Ek moet sê dat ons baie in ons skik was met die pakket en die waarde wat 'n mens kry vir die prys wat jy betaal. Ons het ook baie op ons gemak gevoel om met julle te deel en die foto's is skitterend gedoen! Die kwaliteit van die video/DVD is fantasties en ons is julle ewig dankbaar vir die goeie herinneringe wat ons met ons kan hou tot ons oud word. Baie dankie

Hanlie Dixon - 23 October 2004
Marshall & Christa. Ons wil net graag namens ons hele familie, baie dankie sê vir die besondere wyse waarop julle ons troue se foto's en DVD hanteer het. Dit is te mooi om in woorde uit te druk! Ek dink "stunning" is die naaste wat ons sal kom. Dankie vir die ekstra moeite wat julle vir ons gedoen het. Die mooi herhinneringe sal nog lank met ons wees - dit alles te danke aan julle! Ons sal Visual memory productions" met groot vertroue aan enige toekomstige paartjies aanbeveel. Nogmaals baie, baie dankie. Julle was great!

William Dixon - 23 October 2004
Beste Marshall & Christa. Ek dink nie daar is enige manier waarop julle op julle produk kan verbeter nie. Die algemene opvatting onder my pelle is dat julle dienste dalk te goedkoop aangebied word.

Grant & Monique Marcus - 10 Oktober 2004
Liewe Marshall. Die tyd het vinnig verbygevlieg en ek kan nie glo dat ons al amper 'n halwe jaar getroud is nie. Dit voel soos gister dat ons beloftes voor God afgelê het. Dit was 'n wonderlike dag wat ons altyd met liefde sal onthou. Daarom wil ons net vir jou baie dankie sê vir jou bydrae tot ons spesiale dag! Die foto's is pragtig en almal wil net kopieë hê van die gemanipileerde foto's! Jou kreatiwiteit wat dit betref is uitstekend! Weereens baie dankie. Jy het 'n ware talent en 'n oog om die mooi van enige vrou se spesiale dag vas te vang!

Eben & Elardie - 9 Oktober 2004
Liewe Marshall en Christa. Graag wil ons vir julle baie dankie se vir jul mooi hantering van ons troue en julle moeite met my as bruid voor die tyd, julle was wonderlik! Ons is baie tevrede met ons foto's en dvd, dis regtig besonders en ons kan sien daar het baie moeite en tyd ingegaan! Dankie vir die outydse sambreel en piekniek mandjie wat julle vir ons saamgebring het, dit het ons foto's mooi afgerond en besonders gemaak! Ons kan sê ons het regtig waarde vir ons geld gekry want jul was glad nie duur nie en ons het regtig kwaliteit foto's en dvd's gekry, almal sê die dvd is fantasties mooi! Ek sal voortgaan om julle te bemark en het jul reeds aanbeveel vir 'n klomp paartjies!

Chris & Hannelie van Wyk - 25 September 2004
Hi daar. Ons was baie tevrede met elke aspek.Kwaliteit, prys, hantering van die dag, ag sommer net ALLES. Veral die digitale foto's was van uitstaande gehalte. Almal wat die foto's en video gesien het,was gaande daaroor en almal was dit eens: "hierdie mense weet wat hulle doen!" Ons sê sommer weer BAIE dankie vir die oomblikke wat julle vir ons vasgelê het, want dit is tog aan die einde al wat mens van daardie dag oor het om jou te herinner aan DIE perfekte dag in jou lewe.

Melanie & Robin Knoetze - 23 September 2004
Hi julle. Ek wil net kortliks sê dat ek baie tevrede is met die foto's se kwaliteit . Julle paket se prys was vir ons die beste waarde vir geld . Dit was ook vir my lekker om saam foto's te neem, julle het dit in 'n ligte luim gedoen en ons persoonlikhede in ag geneem. Dit het my opgeval dat julle ook die verigtinge baie geniet het. (work hard, play hard). Die video is puik !!!! Dankie vir julle uitstekende diens en vriendelikheid !!

Lizelle & Michael Koekemoer - 17 September 2004
Hi Christa. Ons kan eerlikwaar vir julle sê dat ons in ekstase was oor ons foto's. Almal wat die foto's ook gesien het, het regtig baie daarvan gehou. Daar is absoluut niks wat ons sou wou verander nie en ek het my ook voorgeneem om enige iemand wat ek van hoor wat trou, na julle te verwys. Die prys was definitief die kwaliteit werd. Ek het baie navorsing gedoen voor die troue en kon definitief nie 'n beter fotograaf / fotograwe gekry het nie. Marshall het ons so op ons gemak gestel dat dit nie eens gevoel het asof iemand van ons foto's neem nie! Ons het dadelik eie met hom gevoel en ek is seker dis die rede hoekom ons foto's so spontaan en gemaklik uitgekom het. Wat die DVD betref - UITSTEKEND! Nou nog wys ons vir almal wat belangstel en die lekkerste daarvan is om die gaste wat daarna kyk, se gesigsuitdrukkings te sien! Dis uiters professioneel en die effekte wat daarmee saamgaan maak dit net meer spesiaal. Die kwaliteit van die produk is baie goed en ons is baie tevrede met ons keuse. Dis net eenmaal in 'n mens se lewe dat jy trou en met ons foto's en DVD kan ons ons spesiale dag weer herleef net wanneer ons wil. Baie dankie vir 'n puik produk julle 2.... Ons waardeer dit baie.

Vyvyan Solomon (Anne & Phillip) - 13 Maart 2004
Many thanks for the great work. In spite of the rain and cloudy weather, you still produced some magnificent memories of the wedding.

Vyvyan Solomon (Anne & Phillip) - 13 Maart 2004
Hi Marshall & Christa. We were exceptionally happy with the quality of the photo's and the way everything was handled on the day. You may remember it rained non stop from the night before, throughout the entire day, and well into the night. Everyone who has seen the photos has commented on the quality and versatility considering the weather, and your ability to adapt and use the area available to you for the photos. We were also very happy with your prices, and we did a lot of comparison with other studios. I myself felt very comfortable with the relaxed atmosphere given off by both of you - professional without being cold. My daughter was a beautiful bride, and this was captured by your photography!!

Steve & Elmarie Fourie - 28 Februarie 2004
Die fotos was definitief stunning, presies net soos enige bruid haar foto's sal wil he op haar troudag! Marshall het ons so op ons gemak laat voel dit het nie eers gevoel of hy daar was nie. En die prys vir wat jy kry was dit defnitief 'n bargain. Baie dankie dat jy dit vir my en steve so spesiaal gemaak het ek sal enige iemand aanraai om nie eers verder te kyk vir 'n ander fotograaf nie.

Marisa & Leon Marais - 26 April 2003
In kort kan ek regtig net die volgende oor julle sê: Die foto's, video, diens & naverkope diens was PUIK!!!! Ek sal absoluut niks aan enigeiets sou wou verander nie & sal julle aanbeveel vir enige een.


[ portfolio | Weddings | pricing | bookings | contact | about | home ]


Hit Counter
Web Hit Counters
© 2012  Visual Memory Productions
 All rights reserved.

  Loading Presentation